Testimonials-True Vine Emancipation Ministries

Testimonials

Jou Hart Gebroke?

Jesus weet wat dit is om ‘n gebroke hart te het. Sy hart was ook eens op ‘n slag gebroke.
Die mense in Jesus se tyd het dié liefde van God en die liefde wat Jesus vir sy medemens vertrap deur Hom te kruisig op die heuwel van Golgota.
Maar dit het nie God van plan of gedagte laat verander om die mens op te hou lief te hê nie.

ROMEINE 5 vers 8

“Maar God bewys Sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.”
 

Jesus het beslis nie van plan of gedagte verander nie toe Hy hang aan die kruis nie maar in Sy gebrokenheid en gebrokenheid van hart,
het Jesus sy Vader gevra om die mens te vergewe.
Hy het nie verbitterd geword nie nog minder gedagtes van wraak gekoester maar net ‘n vergewens gesindheid geopenbaar:

Lukas 23 vers 34

“En Jesus sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.”
 

MATTHÉÜS 6 vers 14 – 15

Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.
Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie,
sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.”

In jou gebrokenheid van hart of in jou eie gebrokenheid hoef U nie verbitterheid te koester teen die persoon/e
wat jou liefde vertrap het nie of jou diep seer gemaak het nie.

WANT

Psalm 34:19: “Die HERE is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees.”

Psalm 147:3: “Hy genees die wat gebroke is van hart, en Hy verbind hulle wonde.”

Jesaja 40:29: “Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk dié wat nie meer kan nie.”
 

Dwelms,drank, prostitusie of farmaseutiese sal nie die probleem op los nie.
Al was U verkrag, verwyt of selfs geskei weens die ontrouheid van U metgesel hoef U nie gewond te bly nie want God sê in sy woord volgens:

JEREMIA 15 vers 19

Daarom, so sê die HERE: As jy terugdraai, dan sal Ek jou herstel,
voor My sal jy staan en as jy die kosbare uit die waardelose onttrek, sal jy My woordvoerder word.”

 

EN

 

JESAJA 1 vers 18

Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE:
al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu;
al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.”

 

U hoef nie in U gebroke toestand te verker nie want God verstaan jou En Jesus sê vir U vandag dat U Sy juk moet opneem:

 

MATTHÉÜS 11 vers 30

My juk is sag en my las is lig”

 

Daar is bevryding, geneesing en herstelling vir U want:

 

JOHANNES 3 vers 16

“God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het,
sodat dié wat in
Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.”

 

Kom na Jesus toe en sluit vriendskap met God sodat daar goeie dinge oor jou kan kom.
Laat toe dat God jou gebroke lewe, jou gebroke huwelik, jou gebroke hart herstel en heel maak.
Sodat U die mense kan vryspreek wat jou blydskap gesteel het en wat jou liefde vertrap het.
‘n Geknakte riet sal God nooit afbreek nie liewe leser want God se liefde is te WONDERBAAR VIR ONS AS MENS.

Dalk sê U vir Uself vandag dat U het nie die pyn en hartseer verdien nie of wat met U gebeur het nie wel Jesus was ook onskuldig en het dit ook nie verdien nie maar ek wil u aanmoedig met Psalm 34 vers 9 kom:

Smaak en sien dat die HERE goed is; welgeluksalig is die man wat by Hom skuil!”

 

Geskryf deur: Roger Dyssel
"Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sal by julle almal wees."